Sentraal High School

thumb_up 3894 likes
rate_review 76 Reviews
favorite 1936 favorites
Genl Cronje Street, Dan Pienaar
9323 Bloemfontein, South Africa
phone
Click to show phone
Request for information

Sentraal High School Company Information

General information

Op 11 September 1905 word die Vrije Christelike School onder die afdak van die Gereformeerde Kerk in Zastronstraat in Bloemfontein gestig. Dit was ‘n nederige begin, toe 50 leerders deur D.F. du Toit (Oom Lokomotief), in hul moedertaal onderrig is. Om vir die leerders ‘n goeie verdienste te verseker, is veral klem gele op vakke soos hout-, naald-, mandjies-, karton- en kleiwerk. Ook die handelsonderwys is bevorder. Die skool het geleidelik in die rigting van ‘n voorbereidende tegniese skool ontwikkel. Die leerdertal het so gegroei dat die kerkgebou en konsistorie van die Gereformeerde Kerk te klein was om almal te huisves. Tog het ‘n gebrek aan fondse uitbreiding gestrem en juis die probleem het talle skole laat verkrummel. Die stigters het egter vasgebyt en in 1908, na ‘n onderwyswet verseker het dat die Hollandse taal naas Engels gelyke regte sou geniet, is toegegee dat die Vrije Christelike School in ‘n staatskool omskep kan word. Vanaf 1 Julie 1908 sou die naam verander word na die Voorbereidende Praktiese Skool. ‘n Sinkgebou is ook opgerig waarin die st.4- en 5-leerders gehuisves is. In 1912 het die leerdertal reeds tot 163 gegroei. Ten spyte van verandering en groei, het die skoolbestuur onder voorsitterskap van ds. Willem Postma toegesien dat die Christelike en Afrikaanse karakter behoue gebly het. Na gereelde inspeksie het die Departement hul ingenomenheid met die skool uitgespreek en veral gemeld hoe gelukkig die kinders in die skool was.

Genl Cronje Street, Dan Pienaar Bloemfontein

Opening hours
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27514101800
Linki
Social Accounts
Keywords
high school

Sentraal High School Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yellow Pages South Africa - it's simply and easy!
Add your company