Laerskool Kruinpark

thumb_up 2305 likes
favorite 1309 favorites
Hoek van Sheba & Vaalrivier
2302 Secunda, South Africa
phone
Click to show phone
Request for information

Laerskool Kruinpark Company Information

General information

Alhoewel Laerskool Kruinpark ‘n akademiese instansie is, glo ons dat ‘n laerskoolkind nog op soveel terreine ontwikkel en groei dat ons dit nie kan ignoreer nie. As gevolg hiervan streef Laerskool Kruinpark na TOTALITEITSOPVOEDING. Totaliteitsopvoeding staan vir ons op vier bene:

Verstand: Gehalte onderrig is ons hoofdoel by die skool. Deur ‘n hoë akademiese standaard te behou, maak ons seker dat ons leerlinge voorberei word vir ‘n suksesvolle beroepslewe. Leerlinge van Laerskool Kruinpark word geleer om te streef na uitnemendheid deur altyd hul beste te gee en getrou hul werk te doen.

Liggaam: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, vandaar ons beleid om soveel moontlik leerlinge van ons skool te betrek by ‘n verskeidenheid sportsoorte. Ons skool bied die volgende sportsoorte aan: Atletiek, rugby, netbal, krieket, hokkie, landloop, tennis, golf en skaak.

Gees: Vir die leerlinge van Laerskool Kruinpark word daar geleentheid gebied om hulleself uit te druk in die vorm van die kunste, asook die bewaring van die natuur. Die skool neem deel aan die tweejaarlikse Sasol Hoëveldrif Eisteddfod.
Ons het ‘n juniorkoor en revuegroep, asook ‘n unieke kitaargroep. Die landsdiensklub voorsien aan die behoeftes van ons natuurliefhebbers.

Siel: ‘n Mens se siel is dit wat jou norme, waardes en identiteit bepaal. Kruinpark sien die Anker raak wat hul leerlinge uit hulle godsdiens put, daarom ons Christenklub en Bybelonderrig.

Laerskool Kruinpark is trots op ‘n hoë akademiese standaard. Ons oud leerlinge het geen probleem met die oorskakeling van laerskool na hoërskool nie. Hier word die grondslag gelê vir skitterende matriekuitslae!

Totaliteitsopvoeding kry ook ‘n ander gesig vir ouers wanneer hulle hoor dat ons skoolfonds alles insluit. Ouers betaal maandeliks die totaal van alle skool-uitgawes. Uitstappies, toere, kampe, selfs inskrywingsfooie is ingesluit by ons skoolfonds. Geen fondsinsamelings, borgvorms, verkope ens. nie!

By Laerskool Kruinpark glo ons dat soveel moontlik kinders die geleentheid moet kry om hulleself in een of ander sport te ontwikkel. Vir ons is nie soseer prestasie nie, as ‘n gesonde liggaam die fokuspunt. Tog, met toegewyde afrigting en oefening, behaal ons prestasies waarop ons baie trots is.

Hoek van Sheba & Vaalrivier Secunda

Opening hours
Monday:
07:30 - 13:30
Tuesday:
07:30 - 13:30
Wednesday:
07:30 - 13:30
Thursday:
07:30 - 13:30
Friday:
07:30 - 13:30
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27176348242
Linki
Social Accounts
Keywords
preschool, primary school

Laerskool Kruinpark Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yellow Pages South Africa - it's simply and easy!
Add your company