Nukleus Onderwys Vanderbijlpark Kantoor

thumb_up 2940 likes
rate_review 17 Reviews
favorite 1 favorites
Posbus 10113
6529 George, South Africa
phone
Click to show phone
Request for information

Nukleus Onderwys Vanderbijlpark Kantoor Company Information

General information

Wie is Nukleus?

Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van kwaliteit, volksbehoudende en waarheidsgedrewe lesmateriaal van hoë standaard aan die Afrikaner-volkskinders.

Nukleus het sy bestaan te danke aan ‘n aantal onbaatsugtige lede wat ‘n saak aangepak het, nie met die oog op winsbejag nie, maar as offergawe aan ons hemelse Vader met die uitsluitlike doel om ons kinders te beskerm en op te voed binne die vaste beginsels wat Sy Woord vir ons daarstel. Dit is om hierdie rede dat Nukleus daarna streef om lesmateriaal van die hoogste gehalte vir die Afrikaner-volkskinders daar te stel. Nukleus is dus onderwys vir die Afrikaner-volk tot eer van die God van Abraham, Isak en Jakob en roem onbeskaamd op ons vaste geloof en vertroue in ons Almagtige Vader.

Visie

Om die Afrikaner-kind opvoeding en ontwikkeling te bied wat geanker lê in die Woord van God en eg is aan die Afrikaner-volkseie waardes, om sodoende ‘n trotse, bekwame en heilige Godvresende geslag uit te bou tot ‘n stad op ‘n berg wat nie weggesteek kan word nie, tot eer van Sy heilige Naam.

Missie

Om lesmateriaal en ander opvoedkundige stelsels, van die hoogste kwaliteit en standaard, gegrond op die Woord van God, te ontwikkel vir voorskoolse en skoolgaande Afrikaner-kinders om hulle sodoende in staat te stel om uit te styg, sowel as te presteer en tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Waardestelsel

(Die waardes hierna genoem is ook ‘n uitdrukking van die etos van Nukleus en moet as sodanig deur elke lid, direkteur en personeel eerbiedig en uitgedra word. Dit moet ook deur elke ouer en elke leerder aanvaar en onderskryf word. Diegene wat nie 100% daarmee kan assosieer nie, moet nietemin aanvaar dat die etos van Nukleus nie om hulle onthalwe aangepas of verander kan word nie.)

‘n Afrikaner en Afrikaner-kind word vir hierdie doeleindes omskryf as ‘n persoon met ‘n vaste geloof in die God van Abraham, Isak en Jakob; wat die Bybel (1933/53 vertaling) as die enigste Godgegewe Woord erken en aanvaar en daarvolgens leef; wat hom/haar vereenselwig met die Boere-Afrikaner se geskiedenis, kultuur en tradisies, soos gedemonstreer deur die Boere-Afrikaner voorgeslagte in die Groot Trek en Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, asook sy geloftes aan God soos met die slag van Bloedrivier wat elke jaar op 16 Desember herdenk word; wat hom/haar beywer vir die opbou van die Boere-Afrikaner as heilige volk, eenkant geplaas deur die Almagtige.

Die Afrikaner-ouer het ‘n pligsbesef teenoor sy kinders om hulle op te voed en te onderrig uit die Bybel; om hulle op te voed in Afrikaans as moedertaal; om ‘n kultuur van volkseie trots by hulle te vestig; om hulle selfdissipline, selfbeheersing, lydsaamheid en ywer te leer; om hulle te versterk in die geloof en kennis van God, sodat hulle die Godsvrug en goeie deugde sal uitdra; om hul eie volk lief te hê en hul God met hulle hele hart lief te hê en te dien.

Die handhawing en uitlewing van die Afrikaner-kultuur en eie identiteit is vir Nukleus ononderhandelbaar en ons verskaf lesmateriaal slegs aan persone wat hierdie oortuiging deel en die waardestelsel van Nukleus nastreef.

Ons Doel

Nukleus sal altyd poog, in ons strewe na uitnemendheid, om ‘n hoër standaard daar te stel as wat deur die owerheid vereis word.

Nukleus verbind hom ook daartoe om ‘n gesuiwerde kurrikulum deur te gee, deur die onwaarhede wat gepropageer word, sowel as die on-Bybelse sienings, -waardes en -teorieë wat ons kinders opgedis word, uit te filtreer.

Dit is egter ‘n enorme taak wat voorlê met uitdagings wat soms onoorkombaar lyk, maar ons glo dat die Vader ons hiertoe in staat sal stel, totdat Hy vir ons as volk ‘n uitkoms bied waarin ons ons kinders sal kan onderrig in suiwer waarheid.

Ons pleit dat alle ouers hulle kind(ers) se Bybelonderrig en opvoeding as ‘n opdrag van ons hemelse Vader sal besef en dienooreenkomstig hierdie plig, hul kinders sal opvoed met die Skrif as basis en nie hierdie verantwoordelikheid versuim of op ander probeer afskuif nie. Die Skrif sê immers dat ons ons kinders die Woord moet inskerp (Deut. 6:6,7).

Vir te lank was die Afrikanervolk gewoond om sy opvoedingsplig op die staat oor te skuif en aan die onderwysers oor te laat. Dit het egter tyd geword dat kinders onder die hoor van die Woord sal grootword, sodat hulle die aanslae van ons tyd sal kan afweer en sal kan onderskei tussen die leuen en die waarheid.

Posbus 10113 George

Opening hours
Monday:
08:00 - 16:30
Tuesday:
08:00 - 16:30
Wednesday:
08:00 - 16:30
Thursday:
08:00 - 16:30
Friday:
08:00 - 15:00
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27169311727
Linki
Social Accounts
Keywords
education center

Nukleus Onderwys Vanderbijlpark Kantoor Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yellow Pages South Africa - it's simply and easy!
Add your company