Lewensverrykking Seminare

thumb_up 10730 likes
rate_review 62 Reviews
favorite 73 favorites
1353 De Villebois Mareuil
0044 Pretoria, South Africa
phone
Click to show phone
Request for information

Lewensverrykking Seminare Company Information

General information

Vir meer as 30 jaar lank gebruik die Here Lewensverryking Seminare kragtig om mense se lewens te verryk en te verander, om mense nader aan Hom te trek, hulle seer en pyn te genees en om hulle lewens om te draai. Dit gebeur tot voordeel van hulleself en die mense rondom hulle. Letterlik derduisende mense regoor Suid Afrika het dit reeds reeds ervaar en kan vandag nog daarvan getuig.

So baie van ons loop met onnodige bagasie uit die verlede rond wat ons verhoudings met onsself, ons huweliksmaat, kinders, ouers, vriende, kollegas en dan uiteindelik met God, beïnvloed. Nuwe probleme duik op, nuwe uitdagings kom voortdurend na vore, ‘n gebrek aan kommunikasie maak die kloof net groter en verhoudings ly daaronder.

By Lewensverryking het ons besef dat mense slegs die storms van die lewe werklik oorwin wanneer al hul bagasie op die regte manier hanteer word.

Elke Lewensverryking Seminaar bied ‘n unieke geleentheid vir volkome genesing wanneer die groot Geneesheer, God, hulle ontmoet. Kom kry hulp, hoop en genesing in ‘n veilige omgewing. Hierdie is jou geleentheid om vry te kom van die pyn, en seer asook die las wat jou en jou verhoudings beïnvloed.

In gehoorsaamheid aan die Here is dit ons visie om lewens te verryk tot die wederkoms van Jesus Christus, onder leiding van die Heilige Gees, deur middel van die Woord van God.

Wat bied Lewensverryking Seminare vir jou?
Ons leef tans in ‘n “weggooi-kits-kultuur” wat verkeerdelik impliseer dat absoluut alles vervangbaar is - ook my huweliksmaat, my vriende, ouers of kinders, selfs my beginsels. Ook het navorsing getoon dat die gemiddelde persoon ses jaar sukkel met ‘n probleem voordat hulle bereid is om hulp te soek. Die lewe en verhoudings is eenvouding net te kosbaar om soveel tyd te verloor. ‘n Lewe van oorwinning is vir elkeen moontlik.

‘n Lewensverryking Seminaar is werklik lewensveranderend.

Belê nou tyd in jouself en jou geliefdes. ‘n Belegging in ‘n Lewensverryking Seminaar lewer altyd die beste resultaat.

Bel dadelik vir jou bespreking en gesels met Cornel by 087 095 0512 / 083 251 6725, of stuur 'n e-pos aan info@lewensverryking.co.za . Jy kan ook ‘n aanlyn inskrywing op die webwerf doen by www.lewensverryking.co.za.

1353 De Villebois Mareuil Pretoria

Opening hours
Parking
The company has a parking lot.
Phone number
+27870950512
Linki
Social Accounts
Keywords
marriage counselor, counselor

Lewensverrykking Seminare Reviews & Ratings

How do you rate this company?

Are you the owner of this company? If so, do not lose the opportunity to update your company's profile, add products, offers and higher position in search engines.

A similiar page for your business? Make sure everyone can find you and your offer. Create your dedicated company page on Yellow Pages South Africa - it's simply and easy!
Add your company